‘Plek in die son’ Letsatsi Lodge – begin van die NC Famous Lodges-avontuur

PROMOSIE

Kuier hier van Noord-Kaap tot in hart van Kalahari

Die N7 uit die Kaap na die noorde van ons land is ‘n gewilde roete vir besoekers aan Namibië,  die Richtersveld, die Noord-Kaap, veral in blommetyd, en ook toeriste wat oppad is na die Kgalagadi-oorgrenspark.

Daar  word dikwels tydens die beplanning van so ‘n rit gesoek na ‘n oorstaanplek waar ‘n mens net vir ‘n dag die ry-tamheid kan afskud of, as jy die Noord-Kaap vir langer tye wil gaan besoek,  waar jy vir ‘n paar dae kan oorstaan om die omgewing te verken.

Die Letsatsi 4-ster-lodge en Remhoogte Villas, een van vier in die stal van NC Famous Lodges, is uiters gerieflik op die langpad en die ideale tuiste vir vakansie- en naweekgangers. Maar dit kan ook dien as eindbestemming vir ‘n vakansie of langnaweek vir die gesin. In die blommetyd is Vanrhynsdorp sentraal geleë tussen al die verskillende blomstreke van die Noord-Kaap, hetsy die Hardeveld, Sandveld of Namakwa-blommestreek. Letsatsi is suid-Sotho vir “plek in die son”.

Die luukse tente rondom een van die damme op die terrein van die Letsatsi Lodge op Vanrhynsdorp.

Toeriste wat in die Junie-vakansie verder noord na Namibië of die Kgalagadi reis, moet nou reeds hul oornagslaappplek bespreek om seker te maak dat hulle plek in hierdie gewilde oord kry. Dieselfde geld blomentoesiaste wat in blommetyd, gewoonlik tussen Augustus en Oktober, hierdie gebied wil besoek.

Letsatsi Lodge het vele verblyfopsies.

Dit is wat lekker is van Letsatsi – dis in die middel van die blomstreke en ‘n mens kan ewe maklik die omgewing van Nieuwoudtville en sy unieke blommeprag besoek as wat ‘n mens die Strandveld en kusdorpies soos Doringbaai, Strandfontein, Lutzville en omstreke kan gaan verken. En na ‘n dag se kuier in die blomvelde, kan jy lekker kom ontspan in die Red Ox-restaurant, wat wyd en syd bekend is vir sy heerlike plaaslike geregte.

Daar is vier sprankel-swembaddens by die Letsatsi Lodge.

As jy egter op ‘n langer reis is en nog ver moet ry, is Letsatsi die ideale oornagplek oppad na die noorde. Hier is luukse tentakkommodasie, maar ook chalets vir gesinne of kleiner luukse wooneenhede met slaapplek wat wissel van twee tot ses beddens. Daar is ook vier sprankel-swembaddens op die perseel as jy die stof van jou lyf wil afspoel of wil ontsnap  van die dag se hitte.

Letsatsi is deesdae ook ‘n gewilde trou- en konferensie-venue en die gerestoureerde kerkie wat voorheen deel was van die perseel bekend as die Mission of the Little Flower-sendingstasie, is idillies vir ‘n troue. Die moderne funksielokaal is ‘n aanwins vir die omgewing en daar kan troues, onthale, doopgeleenthede, privaat funksies en toergroepe onthaal word. Dit het ‘n kapasiteit vir ongeveer 200 gaste in ‘n plattelandse atmosfeer. Die konferensiesaal kan 25 afgevaardiges met gemak huisves en bied alle moderne toerusting, gemakstoele asook ‘n wegbreekkamer. Daar is ook kampplek op die terrein met volle geriewe.

Die kerkie op die terrein is gewild vir troues.

Maar nou wil jy verder ry en soek nog slaapplek van dieselfde gehalte en ewe lekker geriewe. Northern Cape Famous Lodges (NC  Famous Lodges) het ook hier vir jou die antwoord. Ander lodges in die groep is op Upington waar die Kalahari Lifestyle Lodge en die Tshahitsi Lodge vir jou soos ’n tuiskoms sal voel.

Laasgenoemde is in dieselfde styl as die Letsatsi Lodge ontwerp en gebou  en is die Khomani San-woord vir ‘sien jou weer“, iets wat ‘n mens beslis doen as jy eers een keer in een van die NC Famous-lodges tuisgegaan het.

Dan is daar die Molopo Kalahari Lodge, sowat 60 km van die wêreldberoemde Kgalagadi-oorgrenspark in die Groen Kalahari en dus die ideale oornagpunt voordat jy jou avontuur in die park begin, en veral as jy na ‘n paar dae se stowwerige woestyn-besoek weer die park verlaat.

Die eksklusiewe Vischat Game Lodge is ’n reservaat van 14 000 ha met ‘n afsonderlike 5 000 ha vir vrylopende wild met verskillende wildsoorte wat daar aangetref word. As jy eers die rooi sand van die Kalahari onder jou voete gevoel het, sal jy weer en weer hierheen wil terugkeer. Vischat bied selfsorg-eenhede vir 20 mense op ‘n slag, maar families is natuurlik ook welkom hier.

Hierdie is maar ‘n kort kykie na die verskillende opsies van die Northern Cape Famous Lodges en ’n opsomming van wat ‘n mens daar kan verwag. Onthou net – dis een groep lodges waaraan ‘n mens gewoond kan raak oppad en as naweek-wegbreke. Oor die volgende paar weke gaan ons in meer besonderhede na die NC Famous Lodges se geriewe kyk – onthou dus om weer hier ‘n draai te maak.

Tel: 027 219 2828
info@letsatsilodge.co.za

www.ncfamouslodges.com/letsatsi-lodge/

Besoek all die ‘Leefstyl Lodges’ hier!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!