Boeke te kies en te keur

Volop ontspan-boeke nou hier

Die wintervakansie i+s nog ‘n goeie twee weke lank en lekker-leesgoed is volop. Kyk gerus na hierdie paar boeke en kry dit vir jou om jou dae voro di ekaggelvur nog lekekrder te maak. Of neem dit saam as jy gaan kamp, die wildtuin besoek of iewers net te gaan ontspan.

Donkermaan

Jaco Wolmarans

  1. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele.

Die kandidaat: Ruth Heyns, doktorsgraadstudent in Tel Aviv. Maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toenemende agterdog van die Lugmag-liaison, kolonel Leon Rutger.

Prys: R360,00

Bladsye : 288

Jaco Wolmarans

 Sekelmaan

Jaco Wolmarans

’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in Kairo, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die Midde- Ooste, aangevuur deur Hamas se glibberige brigadeleier Hassan Al- Masri uit die tonnels van Gasa.

In die middel daarvan, die joernalis Ruby Heyns, in besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai. Staatsekuriteit se Reuben Kruger probeer die geheime ontrafel terwyl die SSA sy net stywer span om ’n groep ekstremiste se geheime Palestynse befondsing.

Die skadu-verlede van Ruby se ma, Ruth, ’n voormalige Mossad- spioen, en haar eertydse hanteerder, Saul Grossman, gooi ’n sluier oor die gebeure.

Wanneer Ruby Heyns oornag verdwyn, moet Reuben Kruger al sy tegniese kennis inspan om haar spoor op te tel.

Voordat sekelmaan kom.

Oor die skrywer:

Jaco Wolmarans is ‘n vryskut- videovervaardiger, -fotograaf en -kopieskrywer. Hy is die skrywer van topverkopende spanningsverhale soos Bos (2019), Skag (2020), Ivoor (2021) en Dolos (2023). Hy woon in Milnerton.

The Murder of Deveney Nel

Julian Jansen

In a quiet Western Cape town, during an ordinary school sports day in August 2024, 16-year-old Deveney Nel vanished from Overberg High School in Caledon. Hours later, her body was found in a school storeroom – stabbed to death by a fellow student with a disturbing past. The shocking truth would soon emerge: her killer, 17-year-old ‘Frank’, had already committed a violent crime four years earlier. At just 13, he had raped and assaulted an 11-year-old girl, leaving her for dead.   A system designed to protect had failed catastrophically. Declared not criminally accountable due to his age, ‘Frank’ was referred for therapy that never materialised, his dangerous tendencies left unaddressed.

As ‘Frank’ awaits trial and three families are forever shattered, this powerful narrative confronts uncomfortable questions about accountability, rehabilitation, and justice in contemporary South Africa.

About the author

Julian Jansen is an author and award-winning investigative journalist. He is the author of the bestselling books The De Zalze Murders and Seuns sonder pa’s. He lives in Strand, Cape Town.

Price: R280,00

Pages: 224

Die rooi angelier

Eleanor Baker as Alex Muller

Moord- en-roofspeurder Adriaan Kruger is warm op die spoor van ’n reeksmoordenaar. Maar hoe trek jy iemand vas wat só berekenend toeslaan, iemand wat pynlik netjies te werk gaan en oënskynlik geen leidrade agterlaat nie?En hoekom lyk dit of daar doelbewus met Adriaan kat-en-muis gespeel word?Wanneer sy geliefde Karien in die moordenaar se kloue beland, voel dit vir Adriaan asof hy hom in ’n nagmerrie bevind waarin die tyd gaan stilstaan het. Sal hy haar kan opspoor voordat dit te laat is?

Die rooi angelier is die tweede titel in die Adriaan Kruger-speurreeks wat in 1999 deur die gewilde skrywer Eleanor Baker onder die skuilnaam Alex Muller geskryf is. ’n Senutergende misdaadondersoek wat die leser tot en met die laaste bladsy sal boei en laat wonder.

Prys: R270,00

Bladsye : 208

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!