Drie moorde in die Baai
Madelein Rust
Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n misdaadtoneel. Om alles te kroon is die slagoffer ’n blondine met wie Bianca onlangs haaks was oor dié se kaalbassonbaaiery voor al die hotelgaste.
Dis duidelik dat die gawe speuradjudant Meintjies haar glo wanneer Bianca verduidelik sy het bloot die liggaam ontdek, maar kaptein De Wee is ’n perd van ’n ander kleur. Hy mag dalk soos Barbie se Ken lyk, maar op die beste van dae is hy ’n stompsinnige wetter. Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak ’n hele reeks onvoorsiene gebeure . . .
In Drie moorde in die Baai bewys Madelein Rust weer eens hoe naatloos sy tussen genres kan beweeg. Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.
Oor die skrywer
Madelein Rust se loopbaan as krimiskrywer skop af in 2014 met die publikasie van haar debuut, Die 13de kaart . Daarna volg daar elke jaar ’n nuwe roman waarvan drie titels vir ATKV-Woordveertjies benoem word. Sy is ook die skrywer van twee niefiksieboeke: Kanker Schmanker! en Van vrees na vrede. Rust skryf voltyds en woon tans op St Helenabaai.
Prys: R350,00
Bladsye : 288
Human & Rousseau is ‘n druknaam van NB-Uitgewers

