Oud-Bok Dawie Snyman sterf
Die voormalige Springbokrugbyspeler, Dawie Snyman, is vroeër vandag op die ouderdom van 76 oorlede. Leukemie is onlangs by Snyman, wat in die 1970’s altesaam 10 toetse vir Suid-Afrika gespeel het, gediagnoseer.
Snyman het sy toetsbuiging in 1972 gemaak en daarna die Springbokke in 10 toetse verteenwoordig. Hy was een van net drie spelers ooit wat vir die Springbokke gekies is voordat hulle provinsiale rugby gespeel het.
Snyman is allerweë as die opvolger vir dr Danie Craven beskou, maar politiek en die inmenging in sport het ‘n stokkie daarvoor gesteek.
Buiten die feit dat hy 10 toetse gespeel het, wat waarskynlik meer sou gewees het as dit nie was vir sportisolasie nie, het hy die Maties tot ’n sege aangevoer in die eindstryd van die heel eerste nasionale klubrugby-toernooi in 1975, 50 jaar gelede.
Toe hy vir die 1971-toer Australië toe gekies is het hy hom in Danie Craven en JC van der Westhuizen se geselskap aangesluit.
Hy het later in 1971 sy buiging vir die WP gemaak en in 1972 saam met die Gaselle in Argentinië getoer.
Sy eerste toets was dieselfde jaar op Ellispark teen Engeland, wat die ‘Bokke 9-18 verloor het.
Sy grootste prestasie was dat die WP die Curriebeker vyf jaar agtereenvolgens – van 1982-86 – onder sy afrigting gewen het.Buiten die feit dat hy vir die Springbokke met onderskeiding in 10 toetse (1972-’77) verteenwoordig het, wat waarskynlik meer sou gewees het as dit nie was vir sportisolasie nie, spog Dawie Snyman daarmee dat hy die Maties tot ’n sege aangevoer het in die eindstryd van die heel eerste Nasionale Rugby-klubtoernooi in 1975 – môre presies 50 jaar gelede
- Sy broer Jackie Snyman was ook ‘n Springboklosskakel en sy seun, ook Dawie, is in die Kaapse rugbystrukture waar hy ook afrig.

