Raad gaan hoor oor Mettler se hantering van Botmaskop-debakel

Talle klagtes oor Botmaskop in kollig

Hardnekkig gerugte wil dit hê dat die einde van die pad vir die munisipale bestuurder, Geraldine Mettler, moontlik nou aangebreek het.

‘n Anonieme bron in die Stellenbosse stadsraad, wat uit vrees vir vergelding nie geïdentifiseer wil word nie, het gesê ‘n spesiale raadsvergadering word môre gehou waartydens talle klagte teen Mettler ter tafel gelê gaan word.

Die hoofklagte is dat sy haar pligte versuim het en die reputasie van die Stellenbosse munisipaliteit in gedrang gebring het deurdat sy regulasies oor omgewingsimpak-assesering, wat ingevolge die wet op nasionale omgewingsgbestuur vereis word, verontagsaam het.

Die klagtes spruit uit verskeie optredes wat skynbaar onwettige besluite rakende ontwikkelings,  veral by die omstrede Botmaskop-ontwikkeling, deur haar goedgekeur is.

Een van die klagtes is dat sy goedkeuring verleen het vir ontwikkeling op erf 18720, die Botmaskop-landgoed, wat oorskreiding op naasliggende munisipale grond ingesluit het.

Sy het ook na bewering goedkeuring verleen vir die oprigting van infrastruktuur soos heinings, die aanlê van paaie en die konstruksie van stormwaterstelsels, sonder dat die nodige omgewingsimpakstudies vir hierdie ontwikkelings op uiters sensitiewe munisipale grond onderneem is. Dit is skynbaar deur haar toegelaat sonder dat die omgewingsimpakregulasies nagekom is. Sy het ook ontwikkeling toegelaat sonder die uitvoering van ‘n wetlik-vereiste omgewinsgimpakstudie en sonder dat omgewingstoestemming daarvoor verkry is.

Sy het ook haar pligte versuim wat gelei het tot die vernietiging van habitatte en die uitroei van inheemse spesies.

Mettler het ook versuim om omgewingsagteruitgang te stuit in die beskermde bergopvanggebied wat onder die munisipaliteit se eienaarskap val. Haar optrede het na bewering gelei tot  omgewingsdegradering in ‘n beskermde bergopvanggebied wat op munisipale grond geleë is.

Sy het ook nie toestemming vir die ontwikkeling van munisipale grond by die Stellenbosse stadsraad, die provinsiale of nasionale regering verkry nie voordat ‘n private ontwikkelaar die munisipale eiendom beskadig het nie.

Die Botmaskop-ontwikkeling van ’n geraamde R300 miljoen is reeds lank in die kollig weens talle bewerings van onreëlmatighede. Die ontwikkeling is in Junie vanjaar gestaak nadat die Stellenbosse Belangegroep (SBG) ‘n hooggeregshof-interdik teen verdere ontwikkeling verkry het.

In daardie stadium het die SBG se voorsitter, prof Ronnie Donaldson, namens die SBG aangevoer dat die terrein al vir langer as twee dekades deur ontwikkelaars as ‘n unieke residensiële ontwikkelingsterrein beskou is en dat die gemeenskap van Stellenbsosch ewe bekommerd was oor die beplande ontwikkeling.

Aanvanklik is omgewingstoestemming vir die ontwikkeling deur die provinsiale regering bevraagteken omdat dit sonder enige openbare deelnameproses geskied het. ‘n Verdere kinkel in die kabel is ‘n twyfelagtige grondruilooreenkoms van ongeveer 4 ha tussen die ontwikkelaars en die Stellenbosse munisipaliteit. Hierdie 4 ha is op Botmaskop geleë en is verruil vir ‘n stuk grond van gelyke grootte wat deur die ontwikkelaars hoër op teen Botmaskop besit word.

Ongeveer 29 van die 77 erwe in die ontwikkeling was reeds verkoop toe die interdik toegestaan is. Oorblywende erwe is vir tussen R8 m en R39 m elk in die mark geplaas.

In ‘n verdere verwikkeling het die ontwikkelaars, na klagtes van die gemeenskap van Idasvallei  wat volgens hul betoog nie genoeg voordeel in die vorm van werksgeleenthede uit die ontwikkeling kry nie, aangebied om ‘n reuse-bedrag geld aan hulle te skenk ter ondersteuning van verdienstelike projekte deur ‘n verteenwoordigende organisasie in die gemeenskap.

Die klagtes teen Mettler kom sowat twee maande nadat die waarnemende direkteur ban menslike hulpbronne, Alexander kannemeyr, ook voor stok gekry is oor beweerde rassisties opmerkings wat hy gemaak het oor die aanstelling van blanke mans in diens van die munisipaliteit. Kort voor die Kannemeyer-sage,  het Annaleen de Beer, omstrede direkteur van korporatiewe dienste, ook die diens van die munisipaliteit verlaat nadat klagtes van ernstige wangedrag, teistering, intimidasie en vitimisasie teen haar op die lappe gekom het. Sy was na bewering ook betrokke by ‘n bedenklike transaksies van die verhuring van ‘n selfoontoring in die Mountain Breeze-woonwapark, bonusbetalings en die verskaffing vsan vals inligting oor ‘n perdryklub.

Die omstrede Botmaskop-ontwikkeling.

6 Replies to “Raad gaan hoor oor Mettler se hantering van Botmaskop-debakel”

  1. Geraldine Metler het die ondersoek span vir Kannemeyer aangewys. Hy gaan tien teen een sy pos behou haar agenda te help dryf. Dit gaan ñ mens se verstand te bowe hoe sulke mense nog vir die Munisipaliteit werk, waar is die verkose raadslede wat ons moet verteenwoordig ?

  2. I’m so happy that all the corruption is coming out. I hope they will investigate the building on the corner of Juffernbruch street also, because Geraldine was also involved there and she approved also quite a few things that was also dodgy.

  3. Dis om strede ons voorouers se gronde en dis onetiese gedrag nadat daar so n groot aanvraag is ir Idasvallei inwoners wat hinker na behuising tevergeefs moet ons mense in agterplase bly. munisipaliteit hou voet by stuk daar is geen grond terwyl hulle miljoene rande maak om ons gronde te verkoop aan al wat n ontwikkelaars is en sodoende ons middel en later klas inkomste mense ontmootlik mask om behuising te kan beskostig. Weereens word gemeenskap uitgesluit met munisipaliteit se slinkse planne en geen munisipaliteit kan bestaan of die raad kan Joe bestaan as die gemeenskap nie vir hulle stem nie so draai hulle ons mense n rat voor die oe om projekte af te teken ten bate vir hulle en NIE vir die gemeenskap . Wie is die kopers buitelanders bewyse dat hulle geensins omgee vir os mense wat ouers en voorouers hier die gronde berge bewoon het en nou moet ons mense rond swerf opmekaar woon en volgens munisipaliteit voel dit is reg .

  4. i can nearly with 100% certainty guarantee that Mettler will also get a golden handshake deal coupled with a non disclosure

  5. Baie interresant…Hierdie is n legkaart wat uit BAIE stukke bestaan en die vraag is of alle stukke inderdaad bestaan en indien wel, gaan dit gevind word?Time will tell….

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!