Kom kamp saam by NC Famous Lodges – van die Kaap tot in die Kalahari – ‘n handelsmerk vir topverblyf
Northern Cape Famous Lodges bied nou aan besoekers ‘n afslag van 30% op hul kamptariewe by enige van hul oorde – van Vanrhynsdorp tot op Upington via die Kalahari. Klubs en toergroepe is welkom om vir groepsbesprekings te bespreek. Met hierdie spesiale aanbod kan besoekers 30% afslag op huil bespreking kry vir die dag voor of die dag nadat hulle SANParke besoek het of gaan besoek. So word die onkoste om die Noord-Kaap te besoek, nog laer.
Kom ons begin op die roete vanaf Kaapstad via die N7 noordwaarts:
Letsatsi Lifestyle Lodge, Vanrhynsdorp

Hierdie oord bied ’n 5-ster kampervaring. Elk van die 12 staanplekke het lowergroen gras, kragpunte asook privaat badkamer met stort, toilet en wasbak asook ’n buitestort, klein kombuisie met basiese eetgerei, mikrogolf, ketel, yskas/vrieskas asook ’n lekker onderdak stoep vir daardie warm dae met tafel en stoele.

Die kampeerders het ook ’n naby geleë swembad wat hulle kan geniet. As jy nie lus is vir braai nie is jy welkom om by die Red Ox Steakhouse op die perseel te gaan aansit vir ete. Hier is geleentheid om te gaan stap, voëls te kyk, ’n wynproe of sushi te geniet by die Red Ox Steakhouse Vredendal.
Besprekings: 027 2199 2828
E-pos: info@letsatsilodge.co.za
Oranjerus River Resort, Kanoneiland, Upington

Die oord is geleë op die oewer van die Oranjerivier. Hier is 26 standaard-staanplekke met gemeenskaplike ablusiegeriewe, asook 12 BBP-staanplekke met privaat badkamers.


Gaste het toegang tot die Red Ox Pantry (kleinboet van die Red Ox Steakhouse) wat ’n heerlike verskeidenheid etes aanbied en ongelooflike woodfire pizzas maak.

Die geriefswinkel bied al die basiese benodighede van slaaie tot vleis en speserye. Hier is ’n lekker groot swembad en speelplek vir die kinders. Pak jou fiets, bring jou kayak, kom stap lang ente en geniet die natuurskoon. Vanaf Oranjerus River Resort kan jy selfs ’n daguitstappie na die Augrabies nasionale park onderneem.
Besprekings: 054 333 1126
E-pos: info@klodge.co.za
Kalahari Lifestyle Lodge, Upington

Dit id is ’n 5-ster kampterrein en is geleë langs die bekende Tshahitsi Lodge.


Gaste by Kalahari Lifestyle Lodge kan soggens ontbyt gaan eet by die Silver Spoon Bistro by Tshahitsi Lodge waar daar daagliks ’n buffetontbyt bedien word en die heerlikste koffie geniet kan word. Hier is groen grasperke wat wag, elk van die 12 staanplekke het privaat badkamer asook ’n buitestort, stoep met braai asook klein kombuisie met ketel, mikrogolf, yskas/vrieskas asook basiese eetgerei.

Gaste het toegang tot die swembad asook, Bernie’s Fitness Gym. As die lus vir ’n steak jou vat, is die Red Ox Steakhouse ongeveer 3.6 km van die oord af.
Besprekings: 054 333 1126
E-pos: info@klodge.co.za
Molopo Kalahari Lodge, Askham is 60 km voor die Kgalagadi-oorgrenspark geleë. In die 3-ster kampterrein het jy die opsie van ‘n grasstaanplek of sonder gras waar jou tone kan krul in die rooi Kalaharisand.

Staanplekke het elektrisiteit en jy het die keuse van ‘n privaat-badkamer of gemeenskaplike badkamers.
Die restaurant op die perseel is vir gaste se gerief en bied die heerlikste etes. Hier is ruimte vir draf, stap, fietsry en natuurlik voëls kyk. Vir daardie warm dae gaan duik in in een van die swembaddens. Molopo Kalahari Lodge is ’n ware Kalahari-ervaring.



Besprekings: 054 511 0008
E-pos: info@molopolodge.co.za
Kampeerders het toegang tot gratis Wi-Fi-dienste. Wat ook aangebied word is o.a. wasgoed- (vou/stryk) en motorwasdiens (motor/4×4/boswa) teen ekstra koste.
Ons personeel staan reg om u te verwelkom by NC Famous Lodges!

