Kom deel in oesfees op 9 April

Stellenbosch-wynoesparade is terug!

Die bekende Stellenbosch Wynoes-parade keer terug na die strate van Stellenboschd, Suid-Afrika se wynhoofstad. Hierdie wyn-geïnspireerde geleentheid is op Saterdag, 9 April terug ná ’n afwesigheid van twee jaar met ’n behoorlike gegons wat vir lank onthou sal word.

Die pandemie het dit net tydelik in sy spore gestop, maar die gewilde optog is dié geleentheid waar boere, werkers en wynliefhebbers op kleurvolle vlotte deur die dorp paradeer en die dorp rooi verf, om die einde van nog ’n vrugbare wyndruif-seisoen te vier.

En die beste van alles: jy is uitgenooi! Bring jou familie en vriende en kom word deel van die menslike ketting deur die historiese strate. Die parade skop om 09:00 af en vertrek van die bekende Speelgoedmuseum en vleg dan onder die eikebome deur, om 30 minute later by die Stellenbosch stadsaal te aan te kom. Daar sal die burgemeester die optog se beste vlot beloon en ook ‘n prys uitdeel aan die geleentheid se span met die beste gees.

Ná die kort dankseggingseremonie, sal die parade voortgaan om die vreugde van vanjaar se oes te deel. Om die feestelikhede tot ’n hoogtepunt te bring, is daar ’n braai, lewendige musiek en verversings vir die deelnemers asook spesiale vermaak vir die kinders.

Die Stellenbosch-oesparade word met die streek se wynkelders, wynroete-organisasie, Wesgro en die Stellenbosch Munisipaliteit se ondersteuning gehou. Geen bespreking is nodig nie.

Kleurvolle trompoppies maak deel uit van die jaarlikse oesparade in Stellenbosch – vanjaar op 9 April.
Talle vlotte wat die vesrkillende wynplase verteenwoordig neem aan die oesparade deel.
Die oesparade is ‘n dankseggings-
geleentheid na die 2022-wynoes.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Leave the field below empty!