Madiba se nalatenskap gedenk

Mandeladag op Stellenbosch gedenk

Stellenbosch het ook vandeesweek Mandeladag op verskeie terreine gevier.

Gesievan Deventer, uitvoerende burgemeester, het kospakkies uitgedeel aan inwoners van Klapmuts wat onlangs hul huise in ‘n brand verloor het.

Die onderburgemeester, Jeremy Fasser, het ‘n sportgeleentheid bygewoon by die Mandela-monument voor die stadsaal met die Stellenbosch Football Club, waar hulle die sportklubs van al 13 “dorpies” vereer en bedank het vir die rol wat hul speel om sport in die streek te bevorder.

Die hoof munisipale projek was om die vennote van die Give Responsibly veldtog te ondersteun. Die rolspelers wat hieraan deelneem is Nagskuiling, Voedingaksie, Visit Stellenbosch, Heartflow en die AWSS.

Heartflow se Give Responsiblyinisiatief, wat deur die Stellenbosch-municipaliteit onderskryf word, produseer koepons wat vir ‘n voedsame maaltyd of ‘n nag se verblyf by die Stellenbosch-nagskuiling  verruil kan word. Dit is ‘n maklike en doeltreffende manier om haweloses te help.

“Ons wil goedhartigheid, wedersydse respek en waardigheid bevorder tydens ons interaksie met mense in nood en die algmene publiek,” sê Carl Reyneke. Deur die kopoenstelsels kan mense in nood ook in kontak kom met NROs en ander organisasies wat moontlik addisionele dienste en ondersteuning aan hierdie mense kan verskaf.”

Die Stellenbosch-nagskuiling is reeds sedert 1991 aktief en verskaf oornagakkommodasie, ’n warm stort, klerewasgeriewe, voedsame etes en bo alles, vriendelikheid aan die kwesbare mense van Stellenbosch. Die nagskuiling verskaf ook toegang tot maatskaplike dienste, opleidingsprogramme en lewensvaardigheidsopleiding.

Vir Denise Paulse en haar span is inklusiwiteit, waardigheid en respek die hartklop van alles.

“Dit is nou moeliker as ooit tevore vir gemarginaliseerde mense om toegang te kry tot kos, skuiling, basiese ablusiegriewe en mediese sorg. Dit is ons missie om hierdie geriewe te verskaf met omgee en medelye, terwyl ons ook ondersteuning bied,” sê sy.

Jessica Perrins, hoof van die AWSS, se hulle is heeltemal afhanklik van skenkings van die gemeenskap om hul werk te kan voortsit.

Die Stellenbosch-voedingskema is in 1994 deur Dr Dora Steyn gestig en het toe slegs een voedingspunt in die dorp gehad. Vandag is daar 60 sulke voedingspuntre en 15 gemeenskappe  in en om Stellenbosch wat daagliks bydra tot die voeding van ongeveer 4000 kinders en 1000 volwassenes. Hierdie diens word deur ongeveer 300 vrywilligers gelewer.

“Ons doelwit is om voedsame kos aan enigiemand wat honger is, te verskaf, ongeag of dit sukkelende huishoudings of hawelose, siek of kwesbare mense is,” sê Liesel Koen wat aan die stuur van sake staan.

“Ons werk ook nou saam met skole, bewaarsentrums en ander organiasasies, soos die munisipaliteit se rampbestuursafdeling,” sê sy.

Sportklubs het by die Mandela-monument voor die stadsaal saam met die Stellenbosch Football Club byeengekom waar hulle die sportklubs van al 13 “dorpies” vereer en bedank het vir die rol wat hul speel om sport in Stellenbosch te bevorder.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Leave the field below empty!