Derde sege is skeepsreg vir Stellies

Carli Vermaak van Hoërskool Stellenbosch het vanjaar die Toastmasters-jeugleierskap se streekkompetisie gewen.

Op Donderdag, 4 Augustus 2022 het Hoërskool Stellenbosch se Enamari Goldie en Carli Vermaak deelgeneem aan die Toastmasters-jeugleierskap se sStreekskompetisie wat hierdie jaar by Paul Roos Gimnasium aangebied is.

Die ander deelnemende skole was Hoër Meisieskool Bloemhof en Paul Roos Gimnasium. Enamari Goldie was die eerste spreker van die aand en het die gehoor geboei met haar toespraak, Uurglas van die lewe. Vir haar onvoorbereide toespraak moes sy praat oor die onderwerp of studente ‘n toelaag moet kry vir vrywillige werk. Enamari het har skool trots gemaak deur haarself goed van haar taak te kwyt.

Carli Vermaak was die laaste spreker van die aand en het ‘n briljante toespraak gelewer deur die gehoor te inspireer met Be the best that you can possibly be. Sy het die gehoor verder beïndruk tydens haar onvoorbereide toespraak met haar mening oor die onderwerp of die onderwysstelsel verander moet word.

Carli is aan die einde van die aand aangewys as die wenner van die Toastmasters-jeugleierskap se streekskompetisie. Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat Hoërskool Stellenbosch hierdie gesogte beker ontvang.

Enamari Goldi, Wildene Felton en Carli Vermaak.
Carli Vermaak

 

Foto 2: Carli Vermaak

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Leave the field below empty!