Bloemhof dink flinkste

Bloemhoffers deur na finale van Dink-of-Sinkkompetisie

Bloemhof is die Wes-Kaap kampioene in die junior afdeling van die Dink-of-Sink-debatskompetisie. Die span van Mieke Jonker, Emeri Botes en Delinda Quinot gaan in Oktober aan die nasionale rondte in Pretoria deelneem.

Hierdie kompetisie, wat deur Afriforum aangebied word, bied vir leerders ‘n unieke geleentheid om onvoorbereid te debatteer. Dit fokus daarop om Afrikaans onder hoërskoolleerlinge te bevorder, goeie kommunikasievaardighede te kweek en om die jeug van vandag aan te moedig om ingelig oor aktuele sake te wees.

Daar vind vier streeksuitdunne deur die jaar plaas en die finaal vind in Oktober 2022 in Pretoria plaas. Elke wenspan sal heerlike pryse ontvang. Die ander deelnemers was Marilin Smit, Miné Malan, Marizaan Nortier, Kaylie Herbst, Janka Strauss en Annalien Spies.

Delinda Quinot, Mieke Jonker en Emeri Botes berei voor.
Mieke Jonker, Delinda Quinot en Emeri Botes

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Leave the field below empty!