Klipgooi is maklik, maar….soms nodig

Kritiek is noodsaaklik

Ja.dit is maklik om kritiek te lewer, om op die sogenaamde “kantlyn” te staan en kommentaar en kritiek te lewer op dinge wat op die dorp aan die gang is.

En om nog ‘n toepaslike idioom aan te haal “die wat in glashuise woon…” ja, moet in die donker uittrek, of liewer, moenie klippe gooi nie….

Maar ongelukkig is dit so dat die hoogste bome die meeste wind vang..en dis nou genoeg daarvan…

Die Stellenbosch munisipaliteit is in diens van die gemeenskap en nie anders om nie – van die burgemeester, haar burgemeesterskomiteelede en die amptenary, van die hoogste vlak tot die onderste echelon van werkers. Dit is hoe dit is en daar is geen debat hieroor te voer nie.

Inwoners van die dorp, die meeste belastingbetalers, verdien om behoorlik gediens te word. Van waterverskaffing, riolering, elektrisiteit en vullisverwydering. Daar is talle ander fasette van die daaglikse lewe waarbinne die munisipaliteit ook sy mandaat moet gestand doen om sy inwoners te dien – veiligheid, die omgewing, kuns en kultuur, toerisme en ekonomiese vooruitgang, om maar ‘n paar te noem.

Al hierdie aktiwiteite moet boonop ook plaasvind binne die agtergrond van ‘n politieke bestel en beheer van die raad deur ‘n politiek party waardeur sekere agendas voorop gestel word – erken dit maar, want dit is net soos dit is.

.Dit bring natuurlik sy eie uitdagings, veral as die politiek inspeel op die daaglikse kwessies wat inwoners pla.

Die onlangse ongelukkigheid oor buitensporige hoë waterrekeninge is nog nie opgelos nie, ondanks beloftes van die munisipaliteit tydens ‘n openbare vergadering dat “dringende” aandag hieraan gegee gaan word. Dit was die burgemeester wat dit onderneem het…Steeds is daar talle onbeantwoorde navrae by die munisipaliteit en talle inwoners se probleme is steeds nie opgelos nie. ‘n Mens kan aanvaar dat indien so ‘n kwessie inwoners noop om na ure bymekaar te kom en die burgemester daaroor te takel, dat daar wel dringende aandag aan geskenk sal word.

Wat die vraag laat ontstaan hoe ernstig inwoners se kwelvare opgeneem en deur die raad, onder die leiding van die burgemeester, geag word.

Dit wl voorkom asoaf die bal elke keer teruggespeel word na die inwoners. Soos tydens die vergadering oor waterrekeninge is daar gesê …”julle moes al in Mei hierteen kapsie gemaak het  toe kommentaar oor die begroting aangevra is…” Waar seker, in ‘n sekere sin, maar hoekom nie positief reageer en verklaar dat hulle bewus is van die probleme en aandag daaraan gegee word nie.  Nee, eers moet die beskuldings, aantygings of wettige klagtes, afgemaak word asof die gekweldes nie waardig is om kritiek te lewer nie omdat hulle kwansuis nie weet wat aangaan nie.

Druk sal daar wees om kwessies opgelos te kry – solank dit deur feire gestaaf kan word. En dit moet volgehou word, totdat dit opgelos is. En die munisipaliteit moet antwoorde gee – dis hul verantwoordelikheid.

 

 

5 Replies to “Klipgooi is maklik, maar….soms nodig”

  1. Stellenbosch se Paarlse burgemeester adv Gesie van Deventer hoop dat die waterrekeningprobleem vanself sal weggaan deur dit eenvoudig te ignoreer. Daar wag ‘n verrassing op haar en alle raadslede wat vir die onrealistiese watertariewe gestem het….
    Haar reaksie op ‘n onlangse vergadering waar die probleem uitgelig is, is teleurstellend en haar antwoorde pateties. In plaas daarvan om die probleem aan te spreek, maak sy die byeenkoms af as “‘n klein groepie ontevredenes” (terwyl sy geweier het dat dit ‘n ope vergadering sou wees) en dat die ontevrede Stellenbosch kiesers wil hê “ander vir hul waterrekeninge moet betaal”? Waar op aarde kom sy daaraan?
    Haar enigste verweer is twee ontoepaslike kommentare, nl (1) mens kan nie water maak nie (sowaar!), en (2) woekerwins is ‘n term wat slegs op rente van toepassing is. Nog nooit gehoor van woekerrente nie?
    Wat is die rasionaal agter die glyskaal vir water waarvolgens die prys styg met 1500% as jy meer gebruik as ander? Hoe het sy en die amptenare by die 1500% uitgekom?
    En dan kla sy dat sy as uitvoerende burgemeester nie toegelaat word om enigiets uit te voer nie!

  2. So gepraat van klip gooi. Ek het nog n paar. Stellenbosch se probleme is nog dieper as net ons water tariewe. Die verdigtings beleid gaan ons midde dorp en verkeer onherroeplik verander. Geforseerde integrasie gaan ons buurte en skole aftrek, die taxi bedryf wat soos ń mafia die openbare parkeer terrein oor geneem het en omtrent elke verkeers reel oor tree raak normaal. Die Hilbrow winkeltjes wat al hoe nader kruip aan die midde dorp gaan van ons net nog ń plattelandse dorp maak. Stellenbosch munisipaliteit doen geen besigheid met sy inwoners nie. Nie eers die aanstelling nie. Al ons belasting geld word aan besighede buite die dorp spandeer en mense van buite word aangestel.
    Ek sal graag die Munisipaliteit se amptelike terugvoer op dit wil Sien.

  3. Die buitensporige wins wat gemaak word op water is onaanvaarbaar en as die Munisipalityd net erken dat hulle ‘n fout gemaak het sou ek hulle kon respekteer maar die houding dat ons reg en julle verkeerd is grief my geweldig.

  4. Ek dink ook die massa behuising wat nou in die middedorp opgerig word is buitensporig en doen afbreek aan die historiese beeld van Stellenbosch! Dit is tog een van die trekpleisters vir toerisme na Stellenbosch!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!