Vier fees met SA-wynbedryf se verjaardag

Klink ‘n glasie en neem deel aan die SA Wynoesvieringe in Februarie 2023

Februarie is ’n maand wat nie misgeloop kan word nie! Elke jaar word die verjaardag van die Suid Afrikaanse wynbedryf in hierdie maand gevier en dit pryk hoog op almal se kalenders – 2023 is geen uitsondering nie.

Heeden is Goode loff van die Caepse druyven d’eerste mael wijn geparst.” So staan daar geskryf in die dagboek van Jan Van Riebeeck op 2 Februarie 1659. Dit is ‘n tydlose sin wat inderdaad die geboorte van die Suid Afrikaanse wynindustrie aangekondig het.

2 Februarie is die begin van die land se wynoesvieringe wanneer Suid-Afrika almal nooi wat ‘n passie en liefde vir wyn deel. Dit sluit die sakegemeenskap, produsente, sosiale drinkers, wynkenners, restaurateurs, versamelaars en kleinhandelaars in, waar almal ’n glasie kan klink om Suid-Afrika se ryk wynerfenis te vier.

Wynoesherdenkingsgeleentheid
Die Groot Constantia Wynlandgoed in Kaapstad sal op 2 Februarie gasheer speel vir die jaarlikse Wynoesherdenkingsgeleentheid.

Dit is wanneer die wynbedryf individue en organisasies amptelik vereer vir hul uitsonderlike bydrae in die volgende kategorieë: Visionêre Leierskap (met die 1659 Visionêre Leierskap-toekenning), Diversiteit en Transformasie, Wynbevordering, asook Wingerdbou en Wynskepping.

Oor die jare is baie groot wyngeeste vereer, soos Nelson Mandela, die Onbesonge Wynarbeiders, Ntsiki Biyela, Norma Ratcliffe, Beyers Truter en Charles Back. En in 2022 het Carmen Stevens, Denise Stubbs, Francois Viljoen en Christine Rudman by hierdie groep baanbrekers aangesluit.

Klink ’n glasie 

Die bewaring van die land se ryk biodiversiteit is ’n groot prioriteit vir die wynbedryf. Suid-Afrikaanse wynprodusente, groot en klein, van kus tot kus, is uiters bewus daarvan dat hulle die bewaarders is van die grond waarop hulle produseer.

Suid-Afrika se geliefde Fynbos met sy diverse plant samestelling speel gasheer vir die Wynbedryf aangesien 95% van die wynverbouing in die unieke habitat van die Kaapse Fynbos plaasvind. Die handhawing van ’n balans tussen natuur en landbou is deurslaggewend en maak Suid-Afrika uniek wanneer dit kom by die verskillende wynproduserende areas se uitdrukking van die uitsonderlike rykdom van die land se wyne en natuur.

Vier saam SA-wynbedryf se verjaardag
Moet dit nie misloop nie! Teken Donderdag, 2 Februarie in jou dagboek aan en wees op die uitkyk vir verjaardaggeleenthede van die SA wynbedryf oor die hele Suid-Afrika. Word deel van die maandlange viering van Suid-Afrika se voortgesette wynnalatenskap!

Om virtueel by die feestelikhede aan te sluit, volg net die skakel www.sawineharvest.co.za op 2 Februarie 2023 en klink ’n glasie op Suid-Afrikaanse wyn!

Deel jou vieringe op sosiale media met @sawineharvest deur die hutsmerk #HappyBirthdaySAwine te gebruik.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!