Heftige reaksie oor gewraakte “rassistiese” uitsprake by Stellenbosch munisipaliteit

 

Stellenbosse inwoners reageer heftig oor opmerkings van senior munisipale bestuurder

Inwoners van Stellenbosch het heftig gereageer op skynbaar rassistiese opmerkings wat deur ‘n senior lid van die munisipale bestuur gemaak is oor die aanstelling van blanke mans in spesifieke poste in die munisipaliteit.

In ‘n uitgelekte video-opname maak Alexander Kannemeyer, ‘n menslike hulpbronbestuurder van die munisipaliteit, diskriminerende opmerkings wat daarop neerkom dat te veel blanke mans by die munisipaliteit in diens geneem word.

In ‘n vroeëre verklaring in reaksie hierop het die burgemeester, Jeremy Fasser, aanvanklik gesê die video is reeds in 2023 gemaak, onwetend van die mense wat aan die gesprek deelgeneem het en dat die uitlatings van Kannemeyer buite konteks aangehaal is. Die verklaring is egter onttrek en Fasser het toe bloot gesê die voorval het voor sy termyn as burgemeester plaasgevind (hy was toe wel onderburgemeester saam met burgemeester Gesie van Deventer) en dat hy dit nou sal ondersoek en metteryd weer ‘n verklaring sal uitreik.

Selfs die Demokratiese Allianse (DA), onder wie se beheer die Stellenbosch Munisipalitiet val, het skerp op die voorval gereageer.

In sy verklaring sê Willie Aucamp, nasionale DA-woordvoerder en Karabo Kharkhau, LP, dat die DA diep bekommerd is oor die video van ‘n amptenaar by die Stellenbosch Munisipaliteit wat rassistiese sienings uitspreek en klaarblyklik onwettige arbeidspraktyke bevorder.

“Die DA is verbind tot nie-rassigheid. Ons verwerp alle vorme van diskriminasie, ongeag die bron of teiken. Die opmerkings in die opname – indien akkuraat en in konteks gerapporteer – is direk in stryd met die DA se waardes en beginsels. Die DA trek ’n duidelike lyn tussen party en staat. Ons is nie betrokke by kaderontplooiing nie, en verwag dat ‘n bevoegde, onafhanklike staatsdiens ons beleide implementeer waar ons regeer, lui die verklaring.

Voorts word daar gesê die DA verwag van DA-beheerde munisipaliteite om op te tree in ooreenstemming met die grondwetlike waardes van regverdigheid en waardigheid, en in lyn met DA-beleid.

“Die kommentaar in die opname het geen plek in ‘n munisipaliteit onder DA-bestuur nie, en behoort nie ‘n plek in enige regering in Suid-Afrika te hê nie,“ sluit die verklaring  af.

Afriforum

Dei gemeenskapsorganisasie AfriForum het in sy reaksie op die voorval gesê hulle sal verdere ondersoek instel na die diskriminerende praktyke binne Stellenbosch Munisipaliteit nadat die video bekend geword het.

In die video word daar ook deur kannemeyer na bewering voorgestel om die lewe vir wit werknemers “moeilik” te maak totdat hulle bedank sodat hulle deur die munisipaliteit se voorkeurkandidaat vervang kan word.

“’n Munisipaliteit se primêre fokus moet altyd dienslewering wees en hulle dus die beste personeel vir die werk moet aanstel. Wanneer senior amptenare rasgebaseerde viktimisasie in plaas van merietegebaseerde aanstellings voorstel, ondermyn dit werknemers se regte en bedreig dit ook direk dienslewering aan die publiek. Dienslewering sal onvermydelik afneem as die beste kandidate vir ’n posisie nie aangestel word nie en uiteindelik boet die gemeenskap daarvoor.

“Om ’n werknemer se lewe “moeilik” te maak kom ook, ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998) se kode op goeie praktyk asook die Wet op Arbeidsverhoudinge (66 van 1995), neer op teistering en word daarvolgens verbied. Dit skep ’n vyandige werkskultuur en stel die munisipaliteit bloot aan KVBA en Arbeidshof-eise vir konstruktiewe ontslag en skadevergoeding,“ lui hul verklaring.

Voorts word daar beklemtoon dat dit ’n menslikehulpbronbestuurder se plig is om wettige en billike indiensnemingspraktyke te beskerm. Kannemeyer se versuim om aan hierdie verpligting te voldoen het die Stellenbosch Munisipaliteit in ’n slegte lig gestel. Volgens AfriForum wys hierdie optrede dat Kannemeyer nie vertrou kan word om wettige en onpartydige besluite te neem nie en behoort hy, ná ’n wettige proses gevolg is, uit sy pos verwyder te word.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet (artikel 9) en die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998) verbied onbillike diskriminasie, insluitend diskriminasie op grond van ras. Kannemeyer se beweerde opmerkings kan dus hiervolgens neerkom op onbillike diskriminasie.

“Munisipaliteite bestaan ​​om dienste te lewer, nie om politieke speletjies met werksgeleenthede te speel nie,” sê Morné Mostert, bestuurder van plaaslike regeringsake by AfriForum. “Wanneer senior bestuurders onwettige viktimisasie voorstel, ondermyn dit beide die Grondwet en die publiek se reg op betroubare dienslewering.”

Transkripsie van video

Hier is die transprisie van die videogreep waarin Kannemeyer die aantygings maak:

”I would propose that we go for the internal candidate, if it be so, but I will write my report to (illegible name, but MM, municipal manager, is later mentioned)  because she will have to sign off on the recommendation from you guys.

“But I have a big concern that every time when we appoint somebody and come back, then we go to the highest scorer, and it’s always a white male. Uhm, I believe that we are never going to get this organization right with that type of attitude. We are not going to transform, and we’re going to struggle for years and years.

“I agree that we are far off, that we need people to come in now that can bend us. But I don’t think we should just do it because people outside are complaining. What about our internal staff?

“I have a big concern within the infrastructures directorate, where I have seen things happening, which is very concerning to me.  I have made my sentiments known to you.  I have made it known to my director.

”I don’t support what is going on currently in certain sections of infrastructure directors. I have a concern that we also have always whites in charge still in our technical services and water services.

“I have a problem with that, because the message we’re sending out to, especially internal staff, is they don’t have the capability and the competency. So, I can unfortunately not support you, but I’m not a tenant. I can only advise, but I will write that advice in a separate email to (illegible…. again MM is faintly heard).  So if she makes a decision contrary to what you guys decide, it may be that she now decided to take my advice.

”But I cannot support the fact that we every time appoint the best-scoring candidate, and it’s always the white male.” Video eindig

Stellenbossers is omgekrap oor hierdie uitlatings en van die kommentaar op sosiale media is soos volg:

  • “Ongelooflik nydig en rasisties. Elk geval sal ons nooit ooit van rasisme ontslae raak nie, want dis nie ‘n kleur-ding nie, maar kultureel, opvoeding en grootheidswaan, en net die balk in die ander se oog sien. Munisipaliteit moet bestaan uit die mees bekwame en verkieslik aan geen party gebonde en “what’s color got to do with it”
  • “Mense soos Gesie (Van Deventer), ons vorige burgemeester, Andre van Rooyen, wat toe direkteur van menslike hulpbronne was en Annalene de Beer, direkteur van korporatiewe dienste wat onder ‚‘n wolk by die munisipaliteit weg is, moes mos almal geweet het hiervan – snaaks, hulle was almal in dieselfde kamp.“
  • “So, we’re not going to go for gender based anymore. We’re not going to go. So, we work to a fashion where we either make life difficult for the person that (we) take in, or we, and I’m not saying it happened, but I’m saying we make the life difficult for the person that came in, the person resigns, and afterwards we get what we want.
  • “We would never even know of this conversation if it wasn’t leaked. Whether it was edited or not, the serious matter of racial discrimination still stands.
  • It may or may not have been taken out of context, but I find the reference continually being made about white/ pale males offensive. We don’t refer to other race groups in this way – so why is it allowed when it comes to white South Africans?”
  • Best practice in the world is to appoint highest scoring person. What world are we living in?”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Leave the field below empty!